KULTUUR
Die skool kuns-en kultuurprogramme bied leerders met die platform waar hulle hul kreatiwiteit kan verken en hulself uit te druk terwyl hul verskeie vorme van artistieke uitdrukking kan waardeer. Hierdie programme bied geleenthede aan vir leerders om hul talente te ontwikkel, nuwe passies te ontdek en kritiese denke en probleemoplossingsvaardighede te kweek.
Drama
Drama by Tsumeb Gimnasium bied leerders 'n kreatiewe platform om hulself uit te druk, selfvertroue op te bou en belangrike vaardighede soos kommunikasie, samewerking en kritiese denke te ontwikkel. Deur deelname aan dramatiese produksies kan leerders hul emosies en idees op 'n veilige en ondersteunende manier verken. Die skool het al deelgeneem aan die ATKV Tienertoneel-kompetisie, waar ons dramagroep die geleentheid gehad het om hul vaardighede te toets en erkenning te ontvang vir uitstekende verhoogbestuur.


Skaak
Skaak by Tsumeb Gimnasium bied leerders die geleentheid om hul strategiese denke en probleemoplossingsvaardighede te ontwikkel. Die spel bevorder fokus, geduld en die vermoë om ver vooruit te beplan, wat nie net in skaak nie, maar ook in die daaglikse lewe van groot waarde is. Leerders kry die kans om hul vaardighede teen mededingers van ander skole te toets, en die Privaatskoleweek bied ’n uitstekende platform om in ‘n hoëvlak-kompetisie te speel. Hierdie geleentheid stel leerders in staat om nie net hul skaakspel te verbeter nie, maar ook om nuwe vaardighede en taktieke aan te leer, terwyl hulle nuwe vriendskappe en kameraadskap opbou.

NAPSO/NICTUS Kuns- en Kultuurfees
Die NAPSO/NICTUS Kuns- en Kultuurfees bied leerders die unieke geleentheid om hul vaardighede en kreatiwiteit in 'n wye verskeidenheid kunsvorme uit te druk, insluitend drama, sang, dans, poësie en instrumentale musiek. Hierdie fees is 'n platform waar jong kunstenaars hul talent ten volle kan vertoon en meeding op 'n hoogstaande vlak.
Tsumeb Gimnasium neem jaarliks aan hierdie fees deel, wat leerders die kans gee om nie net hul kuns verder te ontwikkel nie, maar ook waardevolle ervaring op te doen, selfvertroue te bou en nuwe idees en tegnieke aanleer. Dit is ‘n geleentheid wat nie net kreatiwiteit bevorder nie, maar ook 'n gevoel van trots, samehorigheid en artistieke prestasie binne die skoolgemeenskap skep.