Tsumeb Gimnasium
KOSHUIS
Die Tsumeb Gimnasium koshuis is die huis weg van die huis af vir ons Gimmies.
Dit is nie net verblyf nie, maar 'n plek waar liefde en Christelike waardes uitgebeeld word.

Visie
Om 'n trotse skool van uitnemendheid te wees waar elke kind op akademiese, sport en kulturele vlak geslyp word tot 'n eerbare volwassene.
Missie
Tsumeb Gimnasium is 'n Afrikaanse privaatskool in Namibië wat:
1. Christelike waardes en normes uitleef met respek as dryfveer;
2. 'n Unieke en tradisievaste karakter het;
3. Tegnologiese en toekomsgerigte onderrig en opvoeding aan elke leerling verskaf;
4. Voldoen aan realistiese verwagtinge van belangegroepe;
5. Vir elke leerling 'n veilige leeromgewing skep waarbinne hy/sy kan ontwikkel;
6. Gebalanseerde en gedissiplineerde volwasse jongmense vorm wat 'n positiewe bydrae tot die breë gemeenskap sal maak.


Waardes
Integriteit
Lojaliteit
Toewyding
Regverdigheid
Respek
Aanspreklikheid
Koshuis- Vader en -Moeder
"Ek is Jan Ferdinand Grobbelaar. Ek is 'n trotse oud-Gimmie en getroud met my skoolliefde, Chris-Mari Grobbelaar. Ons het twee pragtige dogtertjies, Charmé en Leah-Mari.
Ons glo hierdie nuwe avontuur is God se plan en met Hom aan ons kant sal ons berge kan versit."
Beide Jan Ferdinand en Chris-Mari was koshuiskinders by Tsumeb Gimnasium en dit gee hul die voordeel om die waardes en tradisie van die Tsumeb Gimnasium koshuis wat aan hulle oorgedra is, so oor te dra aan elke koshuiskind.

KOSHUISDIENS
Ons het 'n groep fantastiese onderwysers wat gedurende die week diens doen by die koshuis.
Die onderwysers by die koshuis speel ’n sleutelrol deur toesig te hou oor leerders, dissipline te handhaaf, en akademiese en persoonlike ondersteuning te bied. Hulle help ook met studietye, organiseer aktiwiteite en verseker dat leerders in ’n veilige en gesonde omgewing floreer.
PERSONEEL
HOËRSKOOL
Meisies
Maandae - Franci Botes
Dinsdae - Anna Kriel
Woensdae - Franci Botes
Donderdae - Chris-Mari Grobbelaar
Seuns
Maandae - Anna Kriel
Dinsdae - Junior Hlupo
Woensdae - Suné Engelbrecht
Donderdae - Junior Hlupo
LAERSKOOL
Chris-Mari Grobbelaar - Maandae
Moné Jansen van Vuuren - Dinsdae
Nand Grobbelaar - Woensdae
Suné Engelbrecht - Donderdae
MATRONE
Doris Kangombe
GERIEWE
Die koshuisgeriewe bied 'n gemaklike en stimulerende omgewing vir alle inwoners. Benewens 'n goed-versorgde swembad en 'n ruim speelterrein, beskik die koshuis oor 'n verskeidenheid geriewe om ontspanning en studie te ondersteun. Dit sluit in skoon en veilige slaapsale, 'n eetkamer wat voedsame etes voorsien, studeerkamers vir gefokusde akademiese werk, en gemeenskaplike areas vir ontspan en sosiale interaksie. Die koshuispersoneel sorg vir 'n veilige en gestruktureerde omgewing, wat gemeenskapsgees bevorder terwyl leerders aangemoedig word om onafhanklikheid te ontwikkel.
Die koshuis bied ’n verskeidenheid dienste aan om die lewens van leerders gerieflik en aangenaam te maak. Voedsame etes word daagliks voorsien om gesonde eetgewoontes te bevorder, terwyl wasgoeddienste teen ’n bekostigbare prys beskikbaar is vir ekstra gemak. Die koshuis bied ook middagversorging aan wat naatloos integreer met die koshuisprogram, insluitend etes, vervoer, studietyd en ontspanningsaktiwiteite. Op Woensdae kry leerders die geleentheid om inkopies vir persoonlike benodigdhede te doen, wat hulle help om selfstandig te bly. Vermaak soos fliekaande en sosiale aktiwiteite word gereël om ’n lewendige atmosfeer te skep. Toegewese studietye word ingestel om akademiese sukses te ondersteun, en vervoer na en van die gimnasium word voorsien vir dié wat dit moet bywoon. Hierdie dienste skep ’n gebalanseerde omgewing waar leerders op akademiese en persoonlike vlak kan floreer.