TSUMEB GIMNASIUM

Shopping Cart

No items in the shopping card
Slide background
Slide background
Slide background
Slide background
Slide background
Slide background
Slide background
Slide background
Slide background

Gimmieland Pre-Primêr

Die kleuterskool het gegroei vanaf 6 kinders in 2010 tot die huidige 63 kinders in 2017. Engela Robberts is sedert 2010 by ons en in 2014 word Betsie Button deel van die span. Suane Vermaak sluit dan ook in 2017 by ons aan.

Ons doelwit is om die kleuters skoolgereed te maak deur speel. Ons volg ‘n program wat hul groot motoriese vaardighede, fyn motoriese vaardighede, ruimtelike oriëntering, visuele persepsie, ouditiewe persepsie en liggaamsbeeld ontwikkel.

Daar is ook twee- weeklikse tema’s waar ons hulle meer van hul omgewing leer en daarvolgens beplan ons uitstappies, bak en brou en kuns. Ons kleuters neem ook deel aan die skoolatletiek, waar hul 60 meter hardloop vir die pret.

Ons het in 2016 ons heel eerste kleuteratletiekdag met die tema, Sirkus, gehou.  Hierdie dag was 'n reuse sukses en ons herhaal dit vanjaar op 10 Maart.  Tydens hierdie geleentheid nooi ons ook ons buurskole om te kom te kom deel in die pret.  'n Verdere hoogtepunt op ons kalender is Ouma en Oupa dag!  Ons skop die dag af met 'n prettige konsert vir ons grootouers waarna ons heerlik saamkuier.

Aan die einde van elke jaar het ons ‘n Kerskonsert wat altyd die hoogtepunt van ons jaar is.

Ons hele kleuterskool is opgradeer en ‘n regte sprokieswêreld vir ons kinders.

By Gimmieland leer ons speel- speel!

AUCTIONS

Every now and then we will auction off some products of our school's charity projects.

 

To the Auctions

WIN A HUNT IN NAMIBIA

For only ZAR 100 (~US$ 10 / € 10 ) you stand the chance to win amazing hunting packages in Northern Namibia including elephant hunt!

 

To the Hunting Pages

Follow us on Facebook