TSUMEB GIMNASIUM

Shopping Cart

No items in the shopping card

Koshuis

Koshuispersoneel

    Kontakpersoon
Laerskool Superintendent Me. C. Niehaus
Hoërskoolmeisies  Superintendent Me. C.  Niehaus
  Personeel Me. S. Vermaak
   

Me. L. van Wyk

Me. F van Rooyen

A. Kriel

B. Gerber

Hoërskoolseuns Superintendent Mnr. W. vd Merwe
  Personeel Mnr. A. Vermaak
    Mnr. P. van Wyk
Matrone   Me. K. van Wyk
Kombuis   Zettie, Candina, Dorothea, Doris, Linus, Petrina en Josef
Finansies   Elsebe Robbertse

 

Aktiwiteite

  • Woensdag: Dorpsdag
  • Donderdag: Ontspanningsaande gereël deur prefekte

Rekenaars met internet beskikbaar vir leerders.

Ook: Volleyball, TV Kamer en laerskoolspeelterrein.

Daar is ‘n vasgestelde rooster vir Biokinetikus sessies vanaf gr. 10-12

Koshuisbestuur

Izak Grobbelaar (voorsitter)en Karla Britz (finansies)

Koshuisfooie

Koshuisfooie    
Gr 1-11 Per kind per maand x 11 maande N$ 1520
Gr 12 Per kind per maand x 9 maande N$ 1858
Intreefooi Eenmalig per nuwe gesin, vooruitbetaalbaar N$ 1000
Her-registasiefooi Per kind per jaar - Januarie N$ 100
Buite Etes Per ete per persoon N$ 45
Wasgoed Per bondel N$ 50
Naweek inblyfooi Per kind per naweek N$ 100
Vleisbeurt Per kind per jaar OF 60kg verwerkte vleis per kind per jaar N$ 3000

 

Agtergrond

Die koshuis is destyds begin in ‘n tent waar studie gehou is wat ook gebruik is as eetsaal en vergadersaal.  Tannie Ousus was die Koshuismoeder.  Wouter, Christa en 22 seuntjies was in een huis en Tannie Ousus en 12 dogtertjies in ‘n ander huis.  Seuntjies van graad 1 af, het beurte gemaak om die vuur in die donkie te maak.  Daar was slegs 1 toilet/stort in die huis vir 24 persone.

Onderrig het plaasgevind in die kerksaal en aangrensende gehoue.  Koshuis- en skooltye is met ‘n handklok gelui.

Die name van die seuns- en meisiesgeboue kom van bome af - die seuns woon in Huis Tambotie en die meisies in Huis Jakaranda en die laerskool in Huis Acacia.

Atletiek is geoefen op die grasperk voor die huis en naellope is in die straat geoefen.  Daar was net een rugbyspan van o/9 - o/13.  Beddens is op mekaar gesweis. Nadat dit klaar gesweis is, is daar eers agter gekom dat die beddens te groot was om by die voordeur in te kom!  Die beddens moes weer in die middel deur gesny word en in die huis aanmekaar gesit word.  Daar was 14 beddens in totaal.

Die huidige geboue langs die hospitaal is ampelik gekoop in 2012.

Aansoekvorms

Download Koshuis-Aansoekvorm

Debiet Order

Download Koshuis-Debietorder

AUCTIONS

Every now and then we will auction off some products of our school's charity projects.

 

To the Auctions

WIN A HUNT IN NAMIBIA

For only ZAR 100 (~US$ 10 / € 10 ) you stand the chance to win amazing hunting packages in Northern Namibia including elephant hunt!

 

To the Hunting Pages

Follow us on Facebook