TSUMEB GIMNASIUM

Shopping Cart

No items in the shopping card
Slide background
Slide background
Slide background
Slide background

PRIVAATSKOLENAWEEK 2020
GIMTASTIES
Privaatskolenaweek 2020 gaan nie net fantasties wees nie, maar GIMTASTIES. Ons is gereed om groot te gaan en ‘n geleentheid te organiseer wat nie gou vergeet sal word nie.


VOORLOPIGE DAGPROGRAM


DINSDAG 26 MEI 2020
07:30 NAPSO Sportspan Proewe begin by Tsumeb Gimnasium Sportgronde
18:00 NAPSO Sportspanne Bekendmakingsfunksie by Tsumeb Gimnasium Sportgronde
19:00 Braai - ete by bekendmakingsfunksie (kospakkies sal beskikbaar wees vir spelers en kinders)

WOENSDAG 27 MEI 2020
08:00 Tennis begin by Tsumeb Gimnasium Sportgronde
         Boogskiet begin by Tsumeb Gimnasium Sportgronde
         Jukskei begin by Tsumeb Gimnasium Sportgronde
        Mini-hokkie begin by Tsumeb Gimnasium Sportgronde
09:00 Skaak begin in Tsumeb Gimnasium Skoolsaal
17:15 Hoofleiers kom by Tsumeb Gimnasium Skoolsaal bymekaar vir Hoofleiersfunksie
18:00 Skoolhoofde en Sportorganiseerders kom byeen vir verwelkoming en inligtingsvergadering

DONDERDAG 28 MEI 2020
07:00 Netbal, Rugby & Hokkie begin by Tsumeb Gimnasium Sportgronde
16:00 Alle aktiwiteite eindig ter voorbereiding van die kaskarwedren en openingseremonie
16:30-17:30 Kaskarwedren op B-rugbyveld
17:30 Skole tree aan op die B-rugbyveld waarvandaan hulle saam na die hoofveld sal beweeg vir openingseremonie
18:00 Optog en openingseremonie begin

VRYDAG 29 MEI 2020
07:00-17:00 Netbal, Rugby & Hokkie by Tsumeb Gimnasium Sportgronde
18:30 Mnr. & Mej. Privaatskole 2020 in Tsumeb Gimnasium Skoolsaal

SATERDAG 30 MEI 2020
07:00-18:00 Netbal, Rugby & Hokkie by Tsumeb Gimnasium Sportgronde

 

Verblyf op skoolterrein
Indien daar nog enige navrae is rakende verblyf op die skool se terrein kan Salome van Tonder gekontak word by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..


Kampering
Kampeerplekke is beskikbaar op die Tsumeb golfbaan, die groen grasperke reg langs die sportterein. I Dream Africa sal die kampeerplekke hanteer en daar kan direk met Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. gekontak word.


Aandetepakkies
Skole kan vooraf aandetekospakkies vir deelnemers en personeel teen N$35 bestel. Hierdie kospakkies is streng op bestelling en Franike Vermaak kan gekontak word by 081 350 3391.

securitasnapsonictus

coca colameer

Tsumeb Gimnasium in 2019

Tsumeb Gimnasium open sy deure in Januarie 1994 met 25 leerlinge, en 5 onderwysers.  

Nou, na 25 jaar, is ons trots om te kan sê dat Tsumeb Gimnasium, met alle eer aan die Here, in 'n groot suksesverhaal ontwikkel het.

Tans bestaan ons uit 380 leerlinge: 'n volwaardige pre-primêre afdeling, tesame met 'n laer- en hoërskool. 'n Hoogs gekwalifiseerde onderwyserskorps, onder leiding van 'n uiters bekwame uitvoerende bestuurder en bestuurspan, maak van Gimmies die wenskool wat dit tans is.

Ons beskik oor uitsonderlike skoolgeboue wat opvoedkundig doeltreffend toegerus is, en 'n pragtige koshuis waar plaaskinders 'n ware tuiste vind.

Ons sportgronde is ons trots, met pragtige netbal-, hokkie-, en rugbyvelde. Ons het 'n pragtige klubhuis by die sportgronde waar funksies gehou kan word, en waar ouers en oud-leerlinge heerlik saam kan kuier as hulle die sport kom ondersteun.

Ons is tans besig om ons skoolsaalkompleks te bou wat sal bestaan uit drie klaskamers, 'n hotelskool asook die algemene saal!  

Gimmie Groete

Wouter Niehaus

 Picture3

 Picture4

Follow us on Facebook