Indien u kind se opvoeding, naskoolse opleiding, sportontwikkeling en algemene lewensbeskouing vir u na aan die hart lê, is u baie welkom om hom/haar deel te maak van die GIMMIES sukses resep. Geen kind kan die lewe met selfvertroue aandurf indien hy/sy vir 'n hele skoolloopbaan maar net nog 'n nommer in die skoolgemeenskap was nie. By GIMMIES word die beste uit elke kind gehaal en die volle potensiaal van elkeen ontwikkel, en met soveel persoonlike belangstelling en ondersteuning, dat hulle die waarde daarvan vir die res van hul lewe saam met hul dra. Die feit dat ons koshuisleerlinge so uitsonderlik presteer, bied vir ouers wat ver bly volkome gemoedsrus. Indien positiewe vorming van u kind vir u na aan die hart lê, kom sluit gerus aan by ons WENSPAN