REëLS VIR DIE BEVORDERING VAN GOEIE ORDE IN DIE SKOOL:
1. Afwesigheid vanaf die Skool:
Die Skoolhoof mag slegs toestemming vir afwesigheid aan 'n leerling/e verleen in geval van ernstige siekte of dood van naasbestaandes, of vir dringende mediese behandeling.
Die volgende stappe word vereis:
1.1 Ouers moet die Skoolhoof/betrokke onderwyser, vooraf, of so spoedig moontlik in kennis stel indien 'n leerling afwesig gaan wees.
1.2 Indien 'n leerling om mediese redes vir langer as een dag afwesig is, moet 'n doktersvoorskrif/briefie voorsien word.
1.3 'n Briefie word ook vereis indien 'n leerling nie liggaamsopvoeding mag doen nie!
1.4 Laatkommers moet dadelik by die Skoolhoof rapporteer.
2. Soggens voor Skool
2.1 Geen leerlinge, behalwe klaskapteine aan diens, mag soggens voor skool in die klaskamers ingaan nie.
2.2 Tasse moet in netjiese rye voor die klaskamers gepak word.
2.3 As die aantreeklok lui moet almal by die vergaderplek aantree vir opening en aankondigings.
2.4 Daarna beweeg klasgroepe in hul rye klas toe.
2.5 Niemand gesels in die rye of as klasse gewissel word nie.
3. In die Klaskamers
3.1 Die klaskamers moet te alle tye netjies gehou word.
3.2 Niemand mag in die klaskamers speel of eet nie.
3.3 Wanneer die klok lui om 13:00, word die banke reggeskuif, die stoeltjies bo-op die banke geplaas, alle papiere opgetel, drommetjies uitgegooi, die vensters toegemaak, die ligte afgeskakel en die deur toegetrek as die klas verlaat word.
4. Toilette
4.1 Die toilette moet altyd netjies en skoon gehou word.
4.2 Dit is nie 'n speel-/gesels-/eetplek nie.
4.3 Die toilette moet elke keer na gebruik getrek word, en die krane styf toegedraai word.
4.4 Enige foute/lekkasies moet dadelik aan die Skoolhoof/onderwyser aan diens gerapporteer word.
5. Algemeen
5.1 Niemand mag die skoolgronde sonder toestemming verlaat nie.
5.2 Daar mag nie op die stoepe of in die klasse gespeel word nie.
5.3 Speelgrondapparaat moet opgepas en enige breke rapporteer word.
5.4 Fietse is die verantwoordelikheid van die leerling en moet te alle tye aan die fietsrakke vasgesluit word.
5.5 Gronde/klasse/toilette/ander moet altyd skoongehou word.
5.6 Geen kwetsende byname mag aan mede-leerlinge gegee word nie.
5.7 Geen bakleiery/vloekery sal toegelaat word nie.
5.8 Alle klere/tasse/kosbakkies moet duidelik gemerk word.
5.9 Alle onderwysers en leerlinge word daarop gewys dat hulle ook na-ure, en gedurende naweke en vakansies vir hulle gedrag, voorkoms en optrede verantwoordelik gehou word. Hulle moet, soos alle ouers ook, altyd 'n positiewe advertensie vir Gimnasium wees.
BOEKE/OUERDAE:
Geen formele boekedae word geskeduleer nie. Ouers moet asseblief gereeld na die leerlinge se werk kyk. Indien ouers enige probleme bespeur moet sodanige ouer dadelik in gesprek tree met die betrokke onderwyser.
Hierdie gesprekvoering tussen die onderwyser en ouer rakende die akademiese vordering van elke leerling, is uiters noodsaaklik. Elke ouer moet van hierdie geleentheid gebruik maak.
BESOEK VAN OUERS/PERSONE GEDURENDE SKOOLURE:
Niemand mag 'n onderwyser gedurende onderrigtyd in die klas besoek nie. Indien 'n onderwyser dringend gespreek moet word, moet toestemming by die Skoolhoof verkry word. Indien 'n spesifieke probleem rakende 'n leerling/e aangespreek moet word, moet 'n afspraak op 'n ander meer gepaste tyd met die betrokke onderwyser gemaak word.
DIE KORREKTE OPTREDE MET DIE HANTERING VAN 'N PROBLEEM OF KLAGTE:
1. Ouers word hartlik uitgenooi om enige probleem rakende hulle kind/ers, hoe gering ook al, met die Skoolhoof/betrokke onderwyser te kom bespreek.
2. Volg asseblief die korrekte kanale indien 'n probleem/voorstel opduik:
2.1 Maak asseblief telefonies of persoonlik 'n afspraak by die Sekretaresse.
2.2 Stel die probleem duidelik sodat die persoon wie gespreek word homself deeglik kan voorberei.
2.3 Kom asseblief die afspraak betyds na.
2.4 Nadat die probleem bespreek is, en opvolgwerk noodsaaklik is (byvoorbeeld: die leerling moet ekstra werk doen/ die onderwyser ekstra klasse aanbied/'n volgende afspraak gereël word), moet dit gereeld en getrou gedoen word.
