Junior Sekondêr (Graad 8 en 9):
Die Namibiese sillabus word gevolg, maar op groot skaal aangevul en verryk. Onderrig geskied in Afrikaans sonder om die amptelike taal af te skeep. Die leerlinge word blootgestel aan 'n groot verskeidenheid van vakke sodat sinvolle keuses in graad 10 gemaak kan word.
Verpligte vakke:
Afrikaans (Ie Taal)
Engels (2e Taal)
Wiskunde
Algemene Wetenskap (Biologie en Wetenskap)
Sosiale Studie (Aardrykskunde en Geskiedenis)
Keusevakke:
Een keusevak moet gekies word uit:
Bedryfsekonomie en Hotelhouding.
Bybelonderrig en Rekenaargeletterdheid is verpligte nie-eksamenvakke.
Senior Sekondêr:
Vanaf graad 10 spits ons ons toe op die kernsillabus van Suid-Afrika, spesifiek gerig op die I.E.B.-eksamen (Independent Examinations Board). Hierdie eksamen en die kinders se uitslae word deur die Suid-Afrikaanse sertifiseringsraad onderskryf en hulle reik ook die kinders se matrieksertifikate uit. Hierdie eksamen word verder internasionaal erken en die kinders kan in Engels of Afrikaans skryf. Leerlinge en ouers besluit self of die seniorsertifikaat- of die matrikulasievrystellings-eksamen geskryf gaan word. Laasgenoemde verleen toelating tot alle universiteite en technikons in Suid-Afrika en Namibië. Die keuse van die I.E.B. lê juis daarin dat ons kinders 'n voorsprong opbou. Hulle is dus bekend met en in beheer van die basiese kennis waarop die tersiêre inrigtings in Suid-Afrika voortbou.
Van 2006 word die nuwe uitkomsgebaseerde sillabus en voorskrifte van die NSC en IEB vir Gr 10 gevolg.
HG en SG verval en Graad 10 leerlinge se vakke vir 2006 lyk dan soos volg:
* Aantal vakke: 7
* Rekenaartegnologie(CAT) kan ook as 8ste vak in die namiddae geneem word.
Verpligte vakke:
* Afrikaans Eerste Taal
* Engels Tweede Taal
* Wiskunde of Wiskundige geletterdheid.
* Lewensorientering
Keuse vakke:
* Natuur- en Skeikunde .....of..... Hotelhouding
* Biologie ...of....... Rekenaartegnologie (CAT)
* Rekeningkunde.... of ....Aardrykskunde.
Bedryfsekonomie is ook 'n vak wat as keusevak beskikbaar is indien genoeg leerlinge die keuse uitoefen.
