RUGBY PRESTASIES die afgelope jare:

Bloemfontein Toer

2007

* Die Eerstespan neem deel aan die HTS week en wen die Plaatfinaal. Dit besorg hulle die Ystermedalje.
* Vir 'n derde jaar in 'n ry verower die seuns die Raadsbeker!
* Gimmierugby toer Bloemfontein toe.
* Casper van der Linde, Martin Cronje en Felix Nell is opgeneem in die Namibiese 0/19 span.
* Jaco van den Bergh is in die O/18 span opgeneem.
* Braam van Niekerk en Royal Otto is in die 0/16 Namibiese span.
* Pierré Cronjé en Tian Rabe is in die O/14 span opgeneem
* Johan Lambert is in die 0/13 Namibiese span opgeneem.

2de wen van Raadsbeker

2006

* Die Eerstespan wen die Raadsbeker vir die tweede jaar in 'n ry! En hulle wen die tien-aan-'n-kant.
* Pierre Cronje is in die Namibies 0/13 rugbyspan opgeneem.
* Alwyn Stroh en Martin Cronje kry Craven week span.
* Herman Stroh en Brink Grobler haal die Akademiese span.
* Die eerstespan neem weereens deel aan die Superliga en kom tot in die kwartfinaal teen Elnatan. Hulle kom ook derder in die HTS week wat vroeer die jaar gehou is.

2005

Andries Rousseau en Benna Liebenberg haal die O/12 Namibiese oefenspan
Martin Cronjé (Onderkaptein Akademiespan) en Alwyn Ströh was saam met Mnr Wouter deel van die 1ste Akademie of Cravenweekspan, in Namibië se geskiedenis, wat onoorwonne terugkom van 'n Craven/Akademie week toernooi. Martin ontvang in die Blou Bulle wedstryd die agterspeler van die jaar trofee en word ook verkies tot die Namibiese O/18 Afrikabekerspan wat in Augustus aan die Afrikabekertoernooi gaan deelneem. ook Alwyn Ströh word tot die Afrika bekerspan verkies.
Gimmies se Eerste Rugbyspan was vanjaar in die bevoorregte posisie om na die Nashua Rugbyweek in Suid-Afrika genooi te word om daar saam met 18 top SA Skole sowel as 'n Engelse Toerspan Ipswich deel te neem.
Twee oorwinnings het Gimmies onder die top tien skole van die toernooi geplaas en verseker van 'n uitnodiging vir 2006. Ons oorwinning teen die Engelse toerspan het ook gelei tot 'n uitnodiging om in Engeland te gaan toer. Die toer word 'n werklikheid en Gimmies se Eerstespan word die eerste Namibiese skolespan wat in Engeland gaan toer en 3 wedstryde op 'n toer van 14 dae speel.


Gimmies se Eerstespan wen die Raadsbeker vir die eerste keer!

Raadsbeker

Eerstespan neem deel aan die Premierliga (14 Top skole-7 Noord en 7 Suid). Net die eerste 6 skole in die land kwalifiseer vir die Superliga oftewel Super Ses. Gimmies eindig 2de in die Noorde met slegs een verloor en ses wenne en haal dus die Superliga, maar verloor in die kwarteindrondte en eindig dus 5de in Namibië.

Ruck

2004
Louw sowel as Martin het die Cravenweek Akademie span gehaal en CP is op die kortlys geplaas. Schalk Oosthuysen is opgeneem in die Laerskool Cravenspan en gekies as kaptein van die o/13 span. Gimnasium se Rugbytoer na die Kaap is weereens 'n groot sukses en dien as goeie motivering vir die res van die jaar.

Eerte Span Groepfoto

2003

Gimnasium se eerste rugbyspan DOEN DIT WEER - en hierdie keer in die Nasionale o/19 A Liga!
Indien enige persoon vroeër vanjaar vir die afrigters, Mnr Wouter Niehaus en Nico Badenhorst sou sê dat hulle span vanjaar in die finale sou meeding sou hulle dit as 'n grap afgemaak het. Maar na 'n oefenkamp (strafkamp) in die vakansie, harde werk deur die seisoen en 'n gees soos nog nooit onder die spelers en ondersteuners is dit presies wat gebeur het. Na die span se oorwinning van 19/8 oor Grootfontein was hulle as Noorde o/19 A nr 1 span ingedeel om teen sentraal se o/19A nr 2 span nl Jan Mohr se Eerstespan in die semifinaal te speel.
A Liga Wenners!
Diegene van julle wat die span se vordering deur die seisoen gevolg het sal onthou dat ons vroeg in die seisoen teen hulle gespeel het en slegs met een punt gewen het. Die span olv Kaptein Ben van Wyk het egter die beste, en mees afgeronde wedstryd van die jaar en ook van die hele Metropolitan reeks gespeel. Die skare was verstom oor sulke puik rugby en skoolgees (veral toe die hele skool en ouers halftyd afstorm veld toe en kringetjie om die span maak - om te wys hulle staan agter die manne) Nodeloos om te sê, Jan Mohr was net aan die ontvangkant en na drieë deur Martin Cronje, Dolf Potgieter, Geitjie le Roux en Jan van Tonder was die eindtelling 24/0.
In die ander semi-finaal het Windhoek Hoërskool II met Grootfontein afgereken en dit het 'n riller van 'n finaal gelaat nl Gimmies vs WHS. WHS was deeglik bewus daarvan dat ons oor die jare reeds drie keer teen mekaar gespeel het en dat hulle nog nooit teen ons kon wen nie, om hierdie rede het hulle nie 'n 22 spelers 1ste span en 'n 22 spelers 2de span gekies nie maarhul 7 eerstespan reserwes in die 2de span laat speel en later reserwe laat sit vir die eerste span. Dit het hulle egter niks in die sak gebring nie want die BEKER staan in GIMMIELAND.
Vanaf die afskop was ons hulle oor maar fout op fout aan die begin het veroorsaak dat hulle die eerste keer dat hulle in ons halfgebied gekom het, 'n strafskop vanaf die 10m lyn deur die pale gesit het. Hierdie 3/0 voorsprong was egter van korte duur want WHS kon nie na herhaalde aanvalle op hul doellyn al die gate toestop nie en Johan Crouse druk 'n pragtige skrumskakel drie. Halftydtelling 7/3 vir Gimmies. Nadat die ondersteuners (Oupas, Oumas, kleintjies, grotes) halftyd weer om die span kring gemaak het was die manne reg vir die volgende helfte. WHS het in die eerste helfte reeds hul nr 8 met 'n geel kaart verloor vir herhaaldelike vuilspel en in die 2de helfte het hulle net voortgegaan daarmee. Ook toe Geitjie le Roux (Senter) 'n prag individualistiese drie (hy moes vanaf hulle 10 treë tot by die hoekvlaggie hardloop) gedruk het, het WHS se nr 15 na die tyd met sy knie op hom kom val. Hierdie aksie het WHS 'n strafskop op die middelkolletjie laat afstaan ipv 'n afskop en die telling op daardie stadium was 12/3.

'n Reeks ongedwonge foute het egter veroorsaak dat WHS op ons doellyn 'n lynstaan kry en vandaar het hulle 'n oordryf drie behaal. Nadat Frikkie Meyer die drie verdoel het was die telling 12/10 vir Gimmies met 4 minute 35s speeltyd oor. Hoewel WHS toe nuwe vuur gekry het en met alles in hul vermoë aangeval het was die Gimmies se verdediging rotsvas en toe die eindfluitjie blaas is die hele veld oorgeneem deur feesvierende Gimmies!!
Dit was een van die grootste oomblikke in die geskiedenis van Gimmies en die feit dat dit nie teweeggebring is deur 'n geweldige, groot en sterk span nie, maar juis deur 19 gewone seuns met GUTS, TROTS, en DEURSETTINGSVERMOë maak hierdie gebeurtenis nog groter. Baie dankie aan die "ou manne" van die span vir vyf jaar van "alles gee". Julle het hierdie beker beslis verdien. Dankie aan die "jong manne" dat julle dit vir hulle moontlik gemaak het, wanneer julle tyd kom sal ons dit vir julle ook doen. Baie dankie ook aan die 11 Ondersteunersklublede - sonder julle opofferings en bydraes sou hierdie beker nooit hier gewees het nie. Baie dankie aan elke ander ondersteuner wat ons tydens elke wedstryd weer nuwe krag gegee het om in die wedstryd deur te druk.
Laastens maar nie die minste nie - dankie aan ons Hemelse Vader wat ons deur die seisoen (met ons min seuns) gedra het en beskerm het van ernstige beserings.
Ons maak kringetjie saam met WHS

Ons het ook vanjaar ons 2de o/19 Wêreldbekerspeler opgelewer en hierdie keer het Ben van Wyk Frankryk toe gevlieg om ons land te gaan verteenwoordig. Hulle het daar so goed gevaar dat hulle Namibië se deelname aan die A afdeling vir volgende jaar ook verseker het, baie geluk Ben.

Wys hulle Manne!Mooi manne!

Mnr Wouter word verkies tot afrigter vn die Namibiese o/16 Cravenweekspan en hulle gaan durf WP aan in Stellenbosch - eindtelling Nam: 14-WP:13 en sodoende raak Mnr Wouter deel van die eerste geleentheid in 18 jaar dat 'n Namibiese rugbyspan 'n WP rugbyspan wen!.Die Eerstes warm op Mnr Wouter??

Ons skool hou ook die eerste Namibiese Privaatskole Naweek en dit is 'n reuse sukses, veral op die rugbyveld waar ons 1ste span en o/15 span met tellings van 50-0 en 55-0 koning kraai. Dit lê die grondslag vir 'n goeie Liga jaar.

o/15's bo!

Gimmies O/15

Die o/15 span van Mnr Brink wen 'n pragwedstryd vol 'guts' teen Walvisbaai se o/15A span en dring deur na die halfeindwedstryd. Ongelukkig loop alles daar verkeerd teen H.T.S, maar ons probeer volgende jaar weer!!!


2002

Hierdie is die beste sportjaar nog in Gimmies se 8jarige bestaan. Gimmies verteenwoordig vanjaar hul land op internasionale vlak.

Ons 1ste Rugbyspan speel vanjaar in die o/19A Liga en teen almal, behalwe hul eie en Mnr Wouter, se verwagting in wen hulle WHS II in die Kwarteindstryd. Dié wen laat kom hulle in die finaal te staan teen Dr Lemmer in die semi-finaal, halftyd loop Gimmies 14-0 voor maar Dr Lemmer kom terug en nadat die sirene vir voltyd gelui het druk hulle die gelykmakende drie en skop oor - voltyd telling: 14-14. In die eerste vyf minute van ekstra tyd is daar geen telling nie en ons verbrou twee kanse. In die 2de vyf minute helfte bly ons op hulle doellyn en in die laaste sekondes durf Jan van Tonder 'n skepskop pale toe, maar Dr Lemmer se senter stam die bal af en hulle hardloop dwarsoor die veld om die wendrie aan te teken. In hierdie oomblik van verslaenheid leer Gimmies 'n groot les - "moet nooit dink jy is ver genoeg voor nie" Die daaropvolgende week wen Dr Lemmer egter vir Etosha 60-3 en besef ons hoe uitstekend ons seuns werklik gespeel het

.Gimmies val aan...

Hierdie prestasie van die seuns is die jaar vooraf gegaan deur die regte opbouproses nl 'n "Helse" lekker Kaap toer en verblyf by Melkbosstrand. Behalwe die goeie Rugby wat die seuns gespeel het, nl wen Oude Mole 15-7, was die ekstras op die toer bv. paint-ball (arme Juf Christa en Tannie Lizette), indoor car racing (Tannie Mary-Ann se sterk punt) natuurlik net so lekker soos die kuier (né Oom Jan, Oom Schalk en Oom Bennie).

Die Kaaptoerspan

Leinard van der Linde word ook vanjaar verkies tot die 0/19 Wêreldbekerspan en klim op 'n vliegtuig om in Italië aan die Wêreldbekertoernooi te gaan deelneem - en raai wie klim saam met hom op? Niemand anders as sy Eerstespan afrigter Mnr Wouter Niehaus en Juf Christa Niehaus nie. Leinard se wêreldbekerspan dring deur tot in die finaal waar hulle teen Kanada verloor en Leinard word selfs teen Argentinië aangewys as "speler van die wedstryd" Mnr Wouter hou natuurlik net sy oë oop vir nuwe maniere om sy eie manne by die skool moeër te maak en Juf Christa hou natuurlik net die Italiaanse mans dop.

Nog 6 Gimmie spelers verteenwoordig ons land vanjaar op die rugbyveld nl Dian le Roux 0/18 Cravenweek, Derick le Roux o/18 Akademiespan (Kaptein), Martin Cronje + Alwyn Ströh+ Herman Ströh o/14 en Pieter-Jan Schoonbee o/13 Cravenweek Mnr Wouter word ook verkies tot afrigter van die Namibiese o/16 Akademie Cravenspan.

O/19 B Liga Kampioene

2001

Ons 1ste Rugbyspan WEN DIE NAMIBIESE o/19 B LIGA en, asof dit nie genoeg is nie beindruk hulle die toeskouers so met hulle mooi spel dat hulle ook die MOOISPEEL BEKER voor die neuse van WHS, HTS en al die ander skole wegraap. 'n Uitstekende prestasie deur die manne o.l.v. Peter Coston (kaptein) en Leinard vd Linde (onder kaptein).Die wendrie word 'n minuut voor die einde deur Dian le Roux gedruk en groot fees word gevier in Gimmie-land.

Ons draf op om die beker te gaan haal Die beker kom huis toe.

In dieselfde jaar lewer ons skool ook ons eerste Hoërskool Cravenspeler op en is ons bevoorreg genoeg om nog 'n o/13 Cravenweek speler ook te kry. Hierdie twee manne, Leinard vd Linde o/18 Cravenweek en Martin Cronje o/13 Cravenweek, deel ook aan die einde van die jaar die skool se sportman van die jaar trofee. Jaco Vermaak word ook ingesluit in die Namibiese o/18 Akademie span.Mnr Wouter Niehaus word verkies om as spanbestuurder van die Namibiese o/18 Akademiespan op te tree en hy gaan doen waardevolle ondervinding in die Kaap op.

Ons o/13 rugbyspan presteer uitstekend en wen alle Noordespanne met gemak - ons verwag om nog baie van hierdie mannetjies van Mnr Brink Grobler te hoor.

2000

Hoewel ons Hoërskool nog net tot Gr 11 gaan sien ons 1ste Eerstespan die lig. Hulle word ook sommer deur hul afrigter, Mnr Wouter Niehaus, aan die diepkant ingegooi en durf opponente soos Etosha, Grootfontein, Otjiwarongo en Walvisbaai aan. Tellings soos 86-0; 49-5; 26-7 ens. is aan die orde van die dag. Die taktiek van die span is baie eenvoudig: 'Duik, en as jy klaar is, duik weer, en as jy daar opstaan, begin weer duik" Tog begin die plan werk en aan die einde van die seisoen is die manne hard en het hulle 'n geweldige sterk band onderling gevorm.

Die naweek sporttoer na Walvisbaai was 'n reuse sukses en daar is baie lekker gekuier met die kusmanne. Toe die seuns moet proewe speel is hulle so hard en gewoond aan groter manne dat ons nie minder nie as 6 Namibiese spelers uit ons skool oplewer nl Leinard vd Linde o/18 Akademiespan, Pieter Wessels, Hendik Taljaard en Derick le Roux o/16, Dian le Roux o/15 en Wihan van Huysteen o/14.

'n Hoogtepunt vanjaar is ons eerste Hoërskool sporttoer en ons o/19 rugby en netbalspanne gaan durf die Vrystaters in Bloemfontein en Kroonstad aan. Hoewel ons nog geen Gr 12 leerlinge het nie staan die spelers hulle man en doen geweldige ondervinding op. Natuurlik het die toer ook sy hoogtepunte gehad soos Jaco Vermaak se "brown-eye" agter in die bus vir die Eerste Minister se voertuig - wat hom toe ook 3 houe in 'n Rehoboth polisiesel op die hals haal. Natuurlik word die houe ook toegedien deur niemand anders as sy afrigter Mnr Wouter nie!

1999 - Ons eerste sporttoer bestaan uit ons o/13 span wat Kaap toe gaan en wedstryde speel teen verskeie skole. Die ander aktiwiteite soos ysskaats ens. is natuurlik ook 'n treffer. Ons het ook vanjaar 2 Namibiese spelers nl Leinard vd Linde o/16 en Dian (Geitjie) le Roux o/14. Ons beskik steeds nie oor 'n Eerste Span nie aangesien meeste seuns nog o/15 is. Ons wen egter vanjaar 'n 10 aan 'n kant toernooi wat deur Etosha Hoërskool aangebied is.

1998 - Vanjaar lewer ons skool ons eerste o/13 Cravenspeler nl Philip Coetzee op. Ons het ook nie minder nie as 8 spelers in die Noorde o/13 rugbyspan. Ons o/14 en o/15 spelers is nog net 8 en hulle speel saam met Etosha Hoërskool se spanne.

1997 - Die o/13 spannetjie raak nou 'n faktor op die veld aangesien die meerderheid seuns nou nie meer o/11 of o/12 is nie. Groot name soos Grootfontein en Vooruit word nou skrikgemaak.

1996 - Gimmies kan vir die eerste keer 'n o/13 rugbyspan op die veld stuur. Daar is 3 spannetjies in die skool naamlik Tjokkers, Midi's en o/13

Klein maar ge"train"

1995 - Die oudste spannetjie in die skool is darem nou 'n Midi groep van o/10. Altesaam twee rugbyspanne in die skool.

1994 - Alle leerlinge word saamgegroepeer in een span en speel teen ander skole as Tjokkers - afrigter Oom Dries Horn