Primêr

Junior Primêr (Graad 1 tot 4) en Senior Primêr (Graad 5 tot 7):


In hierdie fases word 'n stewige basis gelê vir die kind se verdere skoolloopbaan. Ons beskik oor 'n uitstekende onderwyserskorps wat uiters nougeset en met groot entoesiasme en deursettingsvermoë werk. Die Namibiese sillabus word gevolg, maar dit word ook aangevul en verryk. Die doel is om die leerlinge selfvertroue te gee en gereed te kry vir die hoërskool.