
2007
* Die eerste span toer Brits toe na 'n netbalranch, Raloka, vir 'n netbalkursus.

2006
* By die HTS Sportfees speel die Eerste netbalspan 9 wedstryde en verloor net 3!
* Nadine Moolman, Sarina Bosch en Mijon Potgieter word al drie verkies tot die 0/13 Namibiese netbalspan en gaan verteenwoordig Gimmies in Rustenburg.
* Die eerste span gaan speel in Windhoek vir die Liga-beker en kom algehele 2de in die land.
2005
Tydens die ATKV naweek in Windhoek behaal ons Eerste Netbalspan 'n Brons Medalje en eindig derde uit tien spanne
Jean-Maré Badenhorst en Chanique Ras is in die Namibiese O/13 span opgeneem. Sarina Bosch, Mijon Potgieter en Nadine Moolman is in die O/12 streekspan opgeneem, wat aan die O/12 Noorde proewe gaan deelneem op 23 Julie in Otjiwarongo.
Die volgende Hoërskoolleerlinge is ook in die Namibiese span opgeneem: Ané Hanekom(O/16) en Marnarie Marais(O/17). Marnarie is vir die 2de opeenvolgende jaar as Netbalkapteine van die Namibiese span gekies - verlede jaar 0/16, hierdie jaar 0/17. Mianka Potgieter, Liesl van Wyk en Andrea Hanekom is in die skadu span opgeneem.
O/19B span dring deur na semifinale. O/19A span behaal 'n eerste plek in die Noorde en dring deur na Nasionale byeenkoms waar hulle 'n tweede plek verwerf.

2004
Gimmie netbal spring weg met 'n opwindende ATKV sportnaweek in Maartmaand. O/16 Netbal dogters wen 2 van die sewe wedstryde, en die O/20 Netbal Dogters wen vier van die sewe wedstryde en eindig dan in 'n puik derde plek nadat Jan Möhr ons met net een punt geklop het. Die meisies het puik netbal gespeel en Gimmies kan regtig almal baie trots wees op hulle. Hulle gedrag sowel as hulle spel was uitstekend.
Gimmies se Netbalspan toer Kaap toe en verloor slegs een van hukl vyf wedstryde. O/19 A en B span wen die Noorde Liga. A-span kom tweede in Namibiese finale en die B span derde.
Marnarie Marais en Ané Hanekom word verkies tot die Nasionale span en Marnarie word ook aangewys as die 0/16 spankapteine.

2003
Beslis 'n harde seisoen wat voorlê want Gimmies verloor 4 puik netbalspeelsters wat die eerste span vir drie jaar lank verteenwoordig het, nl Margaret Nel, Lelanie Marais, Arline Rousseau en Leandi van Staden. Dus is al wat oorbly om weer van voor af te begin en 'n jong span van onder af op te bou. Met net een doel voor oë om ook van 2003 'n sukses te maak, skop ons dus af met 'n groot netbalkursus wat aangebied is deur René Odendaal. (SA Protea speelster en SA Afrigter.) Die kursus was 'n groot sukses en met baie kennis en harde oefening pak ons die Liga aan. Gimmies BO!!!
Ons skryf 3 Hoërskoolspanne in nl o/15B, o/20B en o/20A. O/15B sowel as o/20A haal die semi-finale. O/15 B klop Moria 10-9 wat 'n uitsonderlike prestasie is aangesien 5 van die 7 speelsters nog o/13 is. Hulle verloor in die finale teen Etosha maar met so 'n wonderlike seisoen agter die rug kan hulle net goed voel. Baie geluk aan hulle afrigster Mev Hanli Grobler.
En sowaar verras die Eerstespan met hulle jong spelers vir almal deurdat hulle eers vir Etosha wen met 27-24 en daarna vir Otjiwarongo in die semifinale wen met 24/23 ten aanskoue van 'n groot klomp Gimmie ondersteuners, nadat hulle halftyd 17/10 agter was. Dit was 'n baie pragtige maar senutergende wedstryd! Hulle verloor egter die finale teen Grootfontein maar dit demp glad nie ons geesdrif nie. Die feit dat die finale 'n skrale drie uur na die semi-finale moes plaasvind het sy tol geëis maar die meisies het Gimmies se naam hoog gehou!
In die begin van die jaar is Noorde proewe gespeel en ook daar het Gimmies naam gemaak. Nie minder nie as 5 o/16 speelsters Andrea Hanekom, Ané Hanekom, Loretta Brink, Marnarie Marais, Gerda-Elise Jacobs asook 0/19 speelster Elmien vd Linde word vir Noorde spanne gekies. Elmien vd Linde dring dan ook deur na die Nasinale proewe maar val ongelukkig in die laaste rondte uit.
Aangesien Gimmies so 'n wonderlike seisoen agter die rug het besluit Mnr Renier Arangies van Autotech Tsumeb om die Eerstespan 'n hele nuwe stel klere met sportsakke te borg vir die volgende seisoen. Sy woorde: "Ek borg net 'n wenspan " sal beslis volgende jaar deur Gimmies uitgeleef word!
!Nuwe netbaldrag geborg deur Oom Renier en Autotech. Gimmie Eerstespan
2002
Vroeg in die jaar word proewe gespeel en Gimmies vaar weereens fantasties. Drie speelsters nl Liesl van Wyk o/13, Andrea Hanekom o/16 en Margaret Nel o/19 haal die Namibiese spanne.
Voor die Liga begin pak ons 'n opwindende en uitdagende Kaaptoer aan. Kom te staan teen groot skole soos Eben Dönges, Paarl Gimnasium, Jan-Kriel, Durbanville en Monumentpark. Die 2de span, o/20B, vaar werklik goed en wen 3 van hulle 4 wedstryde. Die Eerste span speel gelykop teen Paarl Gimnasium, wen Jan-Kriel en verloor ander wedstryde net-net met tellings soos 20-17, 17-14 ens. Beslis 'n toer wat baie lank onthou sal word, veral die Paintball waar Juf Christa en die meisies met 'n hele paar blou kolle teruggekom het. Hierna pak ons die Liga vol moed aan en vaar fantasties. Die 2de span o/20B wen 3 van hulle 5 liga wedstryde. Die 1ste span o/20 A speel 6 wedstryde waarvan hulle net een teen Grootfontein 18-22 verloor. Ons wen groot skole soos Etosha I 23-20, Etosha II 25-13 en Otjikoto 37-17. Met sulke mooi oorwinnings haal die Eerstespan die semi-finale maar verloor toe teen Otjiwarongo. Vanwee Gimmies se wonderlike prestasies is hulle uitgenooi na HTS se ATKV toernooi waar skole oor die hele land deelneem. Groot skole soos WHS, Jan-Mohr, Akademia het teen Gimmies deelgeneem. Hoewel ons teen WHS met slegs 4 doele verloor het, het ons ons staal teen Akademia gewys en met 2 doele gewen. Gimmies om op trots te wees!
Kaaptoerspan
2001
Die jaar skop weer af met Noorde proewe. Twee speelsters van Gimmes haal die Noordespan nl Melanie Prinsloo en Margaret Nel. Namibiese proew word gespeel en Gimnasium maak geskiedenis deur ons 1ste Namibiese netbalspeelster op te lewer nl Margaret Nel. Daar word besluit om 'n bekwame persoon te kry wat weer vars en nuwe idees kan deurgee en geld word ingesamel om Mev René Odendaal (SA Proteaspeelster en SA Afrigster) hier te kry om 'n aanvalskursus aan te bied.
Gimmies in aksie
Dis 'n harde liga wat voorlê aangesien ons vir die eerste keer in die o/20 A liga inskryf met 'n span wat geen matrieks het nie. Nogtans vaar ons baie goed siende dat ons 'n groot skool soos Etosha met 19-18 klop.
2000
Gimmie netbal kom vir die eerste keer werklik op dreef. Juf Christa Niehaus besluit vrywilliglik om te begin afrig. Vol geesdrif pak ons 'n toer na Bloemfontein aan. Net die regte ding vir 'n nuwe afrigster om haar span te motiveer en op te bou. Eerste wedstryd van die toer word teen Kroonstad Hoërskool gespeel. Juf Christa sowel as die meisies se senuwees is rou geskaaf want vir 'n klein skooltjie soos Gimnasium om teen so 'n groot skool mee te ding wil regtig gedoen wees. Wat 'n groot verrassing toe hulle sowaar vir Kroonstad met drie doele verslaan! Eerste wen vir Gimmie Hoërskool Netbal!!!
Die oorwinning smaak soet! Netbalmeisies??
Na so 'n groot oorwinning besluit ons om vir die eerste keer die o/16A Liga aan te durf. Hoewel dit nie so voorspoedig gegaan het nie was die ondervinding opgedoen van onskatbare waarde. Hou so aan Gimmies!
1999 - Die netbal begin aan o/15 toernooie deelneem en hoewel dit maar swaar gaan is hulle besig om hulle plek vol te staan.
1998 - o/13 bly nog die hoogste span in die skool en reëlings word met ander skole getref om te sorg dat ouer spelers ook speelkans kry.
1997 - Die netbal begin om hul man te staan en daar word nie meer oor hulle geloop nie!
1996 - 'n o/13 spannetjie begin deelneem aan die byeenkomste.
1995 - Daar word oorgegaan na 'n 0/10 netbalspannetjie
1994 - van voorskools tot gr 3 speel saam in een span.
