Leerlingbegeleiding
Graad 7: I.K. toetse
Graad 9: Volledige evaluering ten opsigte van aanleg, belangstelling, selfkennis, emosionele intelligensie, ensovoorts. Op grond van hierdie uitslae word vakke gekies vir graad 10 - 12 en moontlike beroepsvelde geïdentifiseer.
Graad 11: Persoonlikheidstoetse word afgelê om die leerling finaal te begelei met die keuse van 'n beroep.
Graad 12: Hulp met aansoeke by universiteite en ander tersiêre instellings, koshuistoelating, toelatingstoetse, ens.
