
2007
Saam met TSS se meisies wen ons die derde liga van die Noorde Kampioenskap vir Hokkie wat deur Bank Windhoek geborg is. Baie dankie ook aan Build-it wat die derde liga geborg het en dit vir ons moontlik gemaak het om aan die liga te kan deelneem.
Baie dankie aan Rowan asook ander Hokkie organiseerders van Etosha vir ‘n puik byeenkoms. Dankie vir die skeidsregterskursus – julle laat Hokkie seëvier in die Noorde.

2006
Tsumeb se gekombineerde hokkiespanne presteer skitterend. By ‘n onlangse byeenkoms, waar ses skole (12 spanne) deelgeneem het, het die eerste span 3de in 1ste liga gekom. Die tweede span het eerste gekom in die 2de liga en wen dan ook die trofee.
Baie geluk aan Rina-Marie Erasmus, Amury Parreira, Leonie Maritz, Irolene Vermaak, Claudia Coertzen , Esmé Liebenberg en Elmarie Wilhelm wat in dié span speel.

2004
Noordeproewe: Die volgende leerlinge kry almal Noordespan: Daphne Louw, Melanie Horn, Mariska Pareirra en Johanna Potgieter.
Die Hokkiebokkies neem deel aan die ATKV se byeenkoms in Windhoek en wen vir HTS 6-0 na twee skrapse nederlae van 0-1 elk teen Walvisbaai en Akademia.

2003
Gedurende 2003 bied ons 'n hokkiekliniek vir ons hokkiemeisies aan wat beloof om goeie vrugte af te werp.
2002
2002 is vir ons 'n groot jaar. Ons kry 'n hokkiebaan en dit is vir ons hokkiemeisies 'n groot verligting. Ons hoef nie meer op die tennisbane te oefen nie. Ons skryf vir die eersteligawedstryde in. Ons probeer ons bes, maar ons leerlinggetalle kortwiek ons. Ons eerste span is ook ons enigste span en bestaan uit leerlinge vanaf Graad 8 tot 12. Ons is weereens trots daarop dat 5 ons leerlinge die Noorde spanne haal.
2001
Gedurende 2001 gaan dit al baie beter met ons kinders. Ons woon die Kom-en-haal hokkietoernooi by. Ons kinders geniet dit baie. In een van die wedsryde kom ons kinders teen WHS se eerste span te staan en baie trots moet hul die onderspit delf met slegs een doel teen hulle. Ons begin ligawedstryde speel. Ons is ook baie trots daarop dat 2 van ons kinders die O/18 Noorde span haal en 2 die O/16 Noorde span.
2000
Gedurende dié jaar gaan dit alreeds baie beter. Ten spyte daarvan dat ons nie oor 'n hokkiebaan beskik nie, en maar meestal op die tennisbane speel, begin ons kinders hulself bewys. Ons speel meestal vriendskaplike wedstryde.
1999
Dit is die eerste jaar wat ons skool hokkie aanbied. Ons kinders probeer hul bes, maar ons leerlinggetalle kortwiek ons en maak ons span vol met almal wat belangstel. Hoofsaak is, ons kinders geniet dit.
