Gimmies het 'n baie aktiewe drama-groep waar beide Hoër- en Laerskoolleerlinge betrokke is.

Eistedfonds

EISTEDDFOD 2008


Tsumeb Gimnasium beskik oor verskuilde talente – dit het die afgelope Eisteddfod deeglik bewys! Van sangers tot dansers, van modelle tot skrywers en van akteurs tot kunstenaars, dié het ons almal…

drama groep

2007

'n Drama-aand word gehou op 26 Julie. Die Laerskool bied 'n verskeidenheidskonsert aan en die Hoërskool bied 'n toneelstuk aan: Die Ironie van wraak: Joe en Angelica bevind hulself in 'n benarde posisie. Wie is die gemaskerde persoon? Waarom is hulle hier? In 'n poging om sin te maak van die situasie herroep hulle gebeurtenisse uit hul verlede soos stukkies van 'n legkaart.

 

2006

'n Aangrypende Passiespel word opgevoer deur die dramagroep.

drama groep

2004

Twee drama-aande is in 2004 gehou en van die stukke wat opgevoer is, is deur die leerlinge self geskryf. Van die senior drama kinders het ook 'n toer onderneem na die ATKV kunstefees in Potchefstroom.