Buiteskools sluit in, Perdry,Gimnastiek en Jukskei.

Uithourit wenners

2007

Baie geluk aan Kaylin Coetzee, Chanté Nell en Lynice Greyling vir pragtige perdry prestasies. By die Gobabis Internasionale Uithourit het Kaylin 9de, Chanté 8ste en Lynice 7de gekom. Chanté het bekers verower vir bes voorbereide perd en ruiter.
Daar was ruiters van SA, Botswana, Namibié sowel as oorsese ruiters. Daar was 20 ruiters in die kategorie ‘Young riders’ en 123 km is afgelê. Altesaam 80 perde het deelgeneem.

Jan Brink

2006


Tentpensteek
Ons Gimmie perdemanne het goed gevaar by die Tentpensteek die afgelope naweek. Drikus Grobbelaar verwerf 5 silwer medaljes vir die volgende: Halfseksie swaard, halfseksie lans, seksie lans, seksie swaard en Indiese gelid, swaard en lans. Jan Brink verower 5 bronsmedaljes vir seksie lans, seksie swaard, half seksie lans, Indiese gelid swaard en lans. Hy is ook gekies vir die Namibiese meriete span.

Martin en Vincent

2005

Gimnastiek: Chené Bester verdien 'n Goue medalje op Nasionale vlak, gaan neem deel in SA en verdien daar ook goud vir Ritmiese Gimnastiek
Martin van der Merwe verdien 'n Goue medalje op Nasionale vlak.

 

2004

2003

Perdry: Elzet Nel het waarlik weer stof in die ander deelnemers se oë gery en weereens die Namibiese uithouritspan gehaal en puik presteer teen SA. Hierdie keer het sy egter darem nie alleen deelgeneem nie en Karel Grunschloss het ook die Jnr Namibiese span gehaal en net so puik gevaar.

Gimnastiek:
Ons artistiese gimnaste presteer puik en verwerf die volgende medaljes by die Noorde kompetisie - Billy Botes "Goud" op intreevlak met 8.85, Danya vd Merwe "Silwer" op intreevlak met 8.46, Vincent vd Merwe "Silwer" op vlak 2 met 8.68 en Martin vd Merwe "Goud" op vlak 5 met 8.11.
Die Ritmiese Gimnastiek meisies het self skitterend gevaar by die eerste kwalifiserende kompetisie in Walvisbaai. Chené Bester eindig 4de en Zanria van Schalkwyk eindig 7de uit 12 deelnemers. Nicole Pritzlaff eindig 3de en Jurita van Schalkwyk 11de.

2002

Perdry: Hannelie Nel het vanjaar in haar suster se voetspore gevolg en is opgeneem in die Namibiese jnr uithouritspan wat teen SA deelgeneem het. Baie geluk Hannelie.

Jukskei: Net soos ons laasjaar voorspel het, het die jukskei gogga die skool gebyt en 'n totaal van 6 Gimmies verteenwoordig Namibië in Suid-Afrika nl Melanie Horn, Annemarie Horn, Annalien Boshoff, Cornelie Boshoff, Christien Boshoff en Derick Louw.

2001

Jukskei: Een van ons leerlinge nl Melanie Horn presteer uitstekend by die Noorde sowel as die Nasionale proewe en word opgeneem in die Namibiese Jnr span wat in Kroonstad RSA gaan deelneem. Melanie steek ook die vuur vir Jukskei in die skool aan die brand en ons gaan nog baie daarvan hoor.

2000

Perdry: Uithourit perdry is besig om veld te wen in ons skool aangesien so baie van ons kinders plaaskinders is. Elzet Nel presteer uitstekend by die Nasionale byeenkoms en word gekies in die Namibiese Jnr span wat in SA gaan deelneem.

1999

Gimnastiek: Ons kinders lewer puik gimnaste op - selfs op internasionale vlak nl Henriëtte Kruger en Miranda Vermaak. Juf Jolene Nel is die dryfveer agter die gimnaste.